Skip to content

Is Afrikaans Nederlands? Mystery Cache

Hidden : 4/11/2009
Difficulty:
2.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   small (small)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Related Web Page

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:


Afrikaans is my moedertaal, en by my aankoms in Leiden in Oktober 2008 het ek gedink ek behoort Nederlands maklik baas te raak, juis omdat Afrikaans en Nederlands so na aan mekaar is.

Toe nou nie!

Ek het vinnig besef dat daar heelwat vreemde woordjies in Nederlands is wat ek nie in Afrikaans ken nie, en dat sommige van die Afrikaanse woorde wat ek dikwels gebruik, nie vir 'n Nederlander sin maak nie! Boonop was die verskil in uitspraak heelwat groter as die verskil in spelling - dit het my nogal lank gevat om gewoond te raak aan die vreemde "aksent"!

Noudat ek die (Nederlandse) taal bietjie beter ken, het die verskilletjies tussen Nederlands en haar "dogtertaal" my geïnspireer om 'n cache te skep met Afrikaans as tema, sodat die Leidse geocachers bietjie met die taal kan kennismaak. Klik op die skakels om meer te leer van die Afrikaanse taal, of die Geskiedenis van Afrikaans.

Opdrag

In die leidrade van die blokkiesraaisel hieronder is 'n paar Afrikaanse woorde waarvan die Nederlandse vertaling nie (noodwendig) voordiehandliggend is nie. Jou taak is om die Nederlandse vertaling, of sinoniem daarvan, van die Afrikaanse woorde te gee.

Parkeer in die omgewing van

N 52° 0(B3-F15).(F18-C8)(D6)(J9-E10)'
E 004° 27.(C16-N16)(D2-M4)(D12)'

en gaan soek die finale cache naby

N 52° 0(L11+M12-K1-K1).(I16+G7-N2)(P17-P5-2)(O1-B19-2*A13)'
E 004° 2(E1).(K6-H6-1)(M19-K17-7)(H19+L14-G12+3)'.

Sterkte!

Nota: die area is nogal besig oor naweke en laat in die middag.

Vroegste Vinders
Goud: fscheerhoorn
Silwer: brouwertjes
Brons: silkwood
Eervolle vermelding: boekiezoekie

Baie dankie aan naj16 wat die cache namens my onderhou.

Additional Hints (Decrypt)

0.) Rx urg 'a fcrysbhg trznnx - X7 vf orvqr F ra M. 1.) Qvr qrher va qvr uhvf fgnna nyzny bc fxersvrf. 2.) A19 = Q. 3.) Batryhxxvt xna rx avr yrvqenqr ive ny qvr jbbeqr trr avr! Pnpur: trra tevwf qbbfwr, qng jnf qr bhqr pnpur. Qr pnpur mvg ubtre nna urg urx.

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)