Skip to content

Alles sal reg kom Mystery Cache

This cache has been archived.

Shamrock Stone: Voor de tweede keer binnen korte tijd is de cache geript. Het lijkt dus geen goed idee meer om een cache op deze plaats te verbergen.

More
Hidden : 2/5/2006
Difficulty:
3.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   small (small)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

 


Hierdie skat is spesiaal versteek om jou 'n bietjie te laat verdiep in een van die favoriete lande van die skat se eienaar: Suid-Afrika. Hierdie blad is in Afrikaans geskryf, die moedertaal van meer as 6 miljoen mense in Suid-Afrika, die derde taal van die land. 'n Hollander sal dit oor die algemeen redelik goed kan lees.

Geocaching is nie net in Nederland 'n populêre besigheid nie, ook in Suid-Afrika het mens honderde skatte versteek. Mens het in Afrikaans nog nie 'n goeie vertaling vir die woord Geocaching gevind nie. Laat ons vir nou maar sê: skattejag.

Die bedoeling van hierdie skattejag is om antwoorde te gaan soek, optellings te gaan maak en koördinate te gaan vorm. Daarvoor moet jy waarskynlik 'n bietjie gaan loer op die internet.
Hieronder is 25 afbeeldings sigbaar. Almal is baie bekend in Suid-Afrika. In die geel blokkies sien jy 10 afbeeldings met 'n letter en 'n syfer. In die groen blokkies is 15 afbeeldings, net met 'n syfer. Soek by elke afbeelding in die geel blokkies die verbinding met een van die afbeeldings in die groen blokkies.
Soms lyk dit of daar meer as een moontlikheid is, soek darem noukeurig. Om dit 'n bietjie moeiliker te maak sal 5 afbeeldings in die groen blokkies nie gebruik word nie.

As jy die regte aansluiting gevind het dan tel jy die getalle by mekaar op en jy kry 'n nuwe getal wat jy nodig het vir die koördinate van die skat. Byvoorbeeld: in die geel blokkies sien jy 'n afbeelding met "M: 2". Die bybehorende afbeelding in die groen blokkies het die syfer "4". Die waarde vir M word: 2 + 4 = 6.

Om jou 'n bietjie te help met jou soektog is op die afbeeldings in die groen blokkies 'n bruikbare naam sigbaar gemaak. Gebruik hierdie naam as jy wil gaan loer op die internet.

Bottels A: 1 Goud B: 3 Kimberley 0 Voortrekker monument 1 Soweto 2
Kompas C: 0 Stormers D: 3 Agulhas 2 V.O.C. 3 Onder Sabie 0
Volstruis F: 2 Map Strand se omgewing G: 2 Robben eiland 0 Augrabies 1 Johannesburg 2
Oom Paul H: 0 Datum J: 2 Stellenbosch 1 Gordonsbaai 3 Kaapstad 1
Woordeboek K: 2 mnr. Nelson Mandela L: 1 Oudtshoorn 0 Bourkes kolkgate 2 Paarl 3

Tip: as jy hierdie teks nie verstaan nie kan jy natuurlik altyd 'n e-pos vir "Klawertjie Klip" stuur om 'n bietjie uitleg te vra.

Die skat is 'n klein Rubbermaid dosie met 'n blou deksel en is versteek naby: N 52°AB.CDF - E 004°GH.JKL. Plesierige skattejag toegewens!

(Moenie die blad druk in portret nie, doen dit in landskap asseblief!)


Distance 0-1 km Bicycles allowed Motorcycles allowed Dogs allowed Accessible for wheelchairsBusy area: beware of muggles Easy to find Use the internet to solve the puzzle Available at all times Parking near cache possible Nice views

Kliek hier om koördinate te kontroleer

Additional Hints (Decrypt)

tp cynxxre

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)