Die
Tonteldoosreeks.
Hierdie is die Sestiende skat in die Tonteldoosreeks. Jy mag die
skatte in enige volgorde soek.
Regdeur Suid-Afrika - ons eie ‘Land van Melk en
Heuning’ is daar 18 tonteldose begrawe. Bykomende tot die
bevrediging om een van hierdie skatte te vind, moet jy ‘n
leidraad uit elke tonteldoos versamel. Gedurende die Paasnaweek
2009 is daar ‘n finale Tonteldoos XIX skat (GC1PKBF)
vrygestel wat al 18 die leidrade gebruik om jou na die koördinate
van die finale 19de Groot Skat te lei.
Hierdie reeks was geïnspireer deur Afrikaanssprekende Geocachers
wat iets van die Afrikanergeskiedenis wil deel. Die volledige
beskrywing van die tonteldoos-tema kan hier gelees
word.
Onthou om die Leidraad vir die Finale Tonteldoos Skat agter in die
logboek neer te skryf.
Howick Konsentrasie Kamp. (Bruin vir die Boere)
Natal het sy aandeel in Konsentrasie kampe gehad. Die kampe was by
die volgende plekke in Natal; Ladysmith, Eshowe, Howick, Colenso,
Pinetown, Pietermaritzburg Jacobs, Wentworth en by Merebank.
Nadat die eerste konsentrasie kamp in Natal op Pietermaritzburg
oorgeloop het van gevangenis is die tweede konsentrasie kamp op
Howick geopen gedurende Januarie 1901. Daar was meestal vrouens en
kinders van die Vrystaat en die Transvaal afkomstig.
Hierdie konsentrasie kamp was een van die beter kampe in Suid
Afrika van die Britte, aangesien die groter seuns los werkies op
die omliggende plase kon doen en sodoende die geld kon gebruik om
kos en mediese voorrade te koop. Die rantsoene was ook meer as die
kampe in die Vrystaat en die Transvaal.
Die kamp is gesluit na die oorlog gedurende Oktober 1902. Maar daar
was steeds heelwat streftes. 155 Vrouens en kinders het hier op
Howick gesterf. Al wat oorgebly het vandag is ‘n monument wat
opgerig is vir Boere en langsaan ‘n monument vir die Britte.
Volgens inligting wat ek ontvang het by die Museum op die dorp is
al die grafte (Boer en Brit) in die omgewing is onlangs opgegrawe
en die oorblyfsels is onder die monument geplaas.
Die Köordinate wat hier bo is sal jou bring by die Monument wat
vandag binne ‘n sokker stadion is (Die hek van die stadion is
normaalweg oop), waar jy inligting sal kry onder die lys van die
kinders 15 jaar en jonger;
Die finale plek waar die skat is, is nie binne die stadion, so vra
net om die monument te besoek indien die hek toe is.
Die Finale Köordinaat is;
S29 29.
ABC
E30 12. DEF
A=
Die hoeveelheid Prinsloo kinders.
B= Die hoeveelheid Marias kinders.
C= Die hoeveelheid De Wet kinders.
D= Die hoeveelheid Kruger kinders plus die hoeveelheid
Venter kinders.
E= Die hoeveelheid De Vos kinders.
F= Die hoeveelheid Pienaar kinders minus die hoeveelheid
Hanekamp kinders.
The
Tonteldoos Series.
This is the Sixteenth cache in the 'Tondeldoos' Series. You may
attempt cache finds in any order.
Throughout South Africa - our ‘Land of Milk and Honey’,
18 Tinderboxes have been hidden. In every one you will find a clue,
the name of a well known Afrikaner/Boer, that you need to gather as
you find these caches. During the Easter weekend of 2009, a
code-deciphering key, using all 18 clues, to the coordinates of the
Great Cache (GC1PKBF)
has been released.
This series were inspired by Afrikaans-speaking Geocachers who
wanted to share some of their personal history through geocaching.
A more comprehensive description of the theme for the series can be
found here
Remenber to get the Clue for the Final Tonteldoos Cache in the back
of the Log Book.
Howick
Consentration Camp. (Red for the British)
Natal had several concentration camps namely at; Ladysmith, Eshowe,
Howick, Colenso, Pinetown, Pietermaritzburg Jacobs, Wentworth and
at Merebank.
The second concentration camp to open in Natal was at Howick during
January 1901. (The first camp was at Pietemaritzburg) The 3300
inhabitants of this camp, who came from both the Free State and the
Transvaal were all housed in tents.
This camp at Howick was known as one of the better camps during the
war. The bigger boys were allowed to work as laborers on farms in
the vicinity, thus earning a little money with which they were able
to buy certain medical necessities and additional food.
The Howick camp was closed during October 1902. Approximately 155
deaths occurred in the Howick camp. The dead are honored by a
monument erected by the War Graves Commission.
The cemetery used to hold 64 British graves and 84 Boer graves, but
information that I received from the museum at Howick is that all
the graves remains was placed under the memorial.
The above coordinates are at the Boer memorial inside a soccer
stadium (The Gate is mostly open) and the clues you will find under
the list of children that died 15 years and younger;
The final cache location is not in the stadium, so if you are at
the stadium just ask to visit the monument.
Final Cache Coordinates;
S29 29.
ABC
E30 12. DEF
A= The
number of Prinsloo children.
B= The number Marias children.
C= The number De Wet.
D= The number Kruger children plus the number Venter
children.
E= The number De Vos children.
F= The number Pienaar children minus the number Hanekamp
children.
The final
Co-Ords for the cache is at Umngeni Howick River Conservancy, and I
do have permission to place the cache here. Please park at the
listed waypoint for the final.