U sal merk dat die bewoording in Afrikaans en Ndebele
uitgebeitel is. Dit is die twee inheemse tale van die
kultuurgemeenskappe wat betrokke was. Dit is dan ook die tale wat
op die ander stene van hierdie drie-ledige reeks seremonies
aangebring sal word.
Gedurende September 1854 het soldate van die Ndebele-Opperhoof,
Makapan,‘n trekgeselskap by ‘n drif deur die Nylrivier
alhier uitgewis.
Dit was een van drie aanvalle gedurende daardie tydperk waartydens
minstens 28 Afrikaner pioniers gedood is.
Hierdie sterftes het direk aanleiding gegee tot die Slag van
Makapansgat van 25 Oktober tot 21 November 1854.
Hier is aanvanklik gedurende 1898, toe die spoorlyn aangelê
is,‘n gedenkteken van Owerheidsweë deur die Z.A.R.
opgerig.
Die Potgietersrust Dingaansfeeskommissie en die Piet Potgieter
Voortrekkerkommando het gedurende 1937 die huidige monument, wat
deur Gerhard Moerdyk ontwerp is, opgerig.
Die bouklip, Vrystaatse sandsteen, is dieselfde as wat vir die
spoorbrug oor die Nylrivier hier naby gebruik is en is deur die
Spoorweë geskenk.
Twee reuse kameeldoringbome langs die monument was die rede dat die
Boere nie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog die spoorlyn tussen
Potgietersrus en Naboomspruit opgeblaas het nie, op voorwaarde dat
die Engelse nie die bome uitkap nie.
Dit was teen hierdie Kameeldoringbome wat die ses kinders van die
trekgeselskap doodgeslaan is en en was dus van groot sentimentele
waarde.