For an English version please click here
Hierdie skat is versteek binne die Ithala Wildreservaat by Louwsburg. Toegangsfooie word gehef per persoon en per voertuig – die tariewe is beskikbaar op Ezemvelo KZN Wildlife se webwerf.
Die paaie in Ithala is duidelik gemerk en jy kry by die hek of ontvangs gewoonlik ‘n kaart wat die roetes, uitkykpunte en piekniekplekke mooi aandui. Hierdie skat is versteek op die “Ngulubeni” roete wat nie so baie gery word nie – waarkynlik omdat daar geen piekniekplekke op dit is nie, maar die uitkykpunt op die verste end van die roete is baie netjies ontwikkel met ‘n hout dek en piekniektafeltjie. Die uitkykpunt gee mens ‘n besonderse uitsig op die Pongola rivier en in die oorkantste rante sien mens ook die Klipwal goudmyn – Natal se enigste kommersiële goudmyn. Die veld op pad hierheen is smaaklik en mens sien nogal baie van die grasvreters op die roete. Laat weet gerus in jul notas van enige uitsonderlike wild wat julle op hierdie roete raakgesien het!
Vanaf die teerpad wat tussen die hoofhek en Ntshondwe kamp loop, draai noord af by aansluiting nr. 6. Die “Ngulubeni” roete draai weer noord af by aansluiting nr. 26.
Die uitkykpunt is op ‘n hoë rotslys en klein kinders moet nie alleen gelaat word nie, maar dis glad nie nodig om op gevaarlike terrein te gaan ten einde die skat by te kom nie.
(English Version)
This cache is hidden inside the Ithala Game Reserve at Louwsburg. Entry fees are charged per person and per vehicle – the tariffs are available on the Ezemvelo KZN Wildlife website.
The roads in Ithala are clearly marked and you get a map indicating the roads, lookout points and picnic sites at the entrance gate or at reception. This cache is hidden on the “Ngulubeni” road which is not so frequently driven – possibly because there are no picnic sites on it, but the lookout point at the furthest end is neatly developed with a wooden deck and a picnic table. The lookout point gives you an exceptional view of the Pongola river and in the hills across one can see the Klipwal gold mine – Natal’s only commercial gold mine. The veldt on your way here is palatable and one tends to spot a large variety of grazers en-route. Please let us know in your logs of any uncommon game you spotted on this route!
From the tar road, which runs between the main gate and Ntshondwe camp, turn off north at junction nr. 6. The “Ngubuleni” route turns off north again at junction nr. 26.
The lookout point is on a high rock ledge and small children should not be left unattended, but it is not at all necessary to get into any dangerous position to reach the cache.