Skip to content

Circle # 26 Survivor Traditional Cache

This cache has been archived.

Knagur Green: It is sad to let this one go. It has history of an amazing woman, with a huge will to live. May her memory never be forgotten by those who knew her.

Sadly the current CO has not cached since 2015, logged on since July nor nor responded to the request that the cache be replaced. Thus reluctantly to remove it from the listings it needs to be archived.

If you feel that this cache has been archived in error please feel free to contact me within via message or email quoting the GC number concerned

Thank you for understanding

More
Hidden : 4/16/2010
Difficulty:
2 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   other (other)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

THIS IS SAD BUT BUSINESS CLOSED DOWN!!

Veer-ini-hoed (Barbara Oberholzer) suffered from Lymphoma Cancer for many years and passed away in 2011. Barbara did not allow life to get the better of her. Phenomenal lady with the spirit of an angel. Barbra was introduced to geocaching by Fanie and Annette Heymans, she then decided to place a geocache on every circle in Welkom before her live ends, and what an amazing job she has done! The caches were adopted by me in 2014. May the mark that Barbara left en”circle” us for years to come.
You can read more about Barbara here : (visit link)

Hier's Ben se storie:

Die rooftog was op 18 Julie 2006. Ons was in die proses om die
drankwinkel (toe nog Alla's) te koop en Ben het 'n winkeltjie in
dieselfde geboue gehad. Hy het gereeld in die aande met toemaaktyd
gaan kyk hoe die winkel deur die dag gedoen het. Daardie betrokke week
was die eienaars weg, die oggend het iemand vir die vrou wat daar
gewerk het(Martie Olivier) kom se dat mense die winkel dophou. Sy
was vreeslik bang en het vroegoggend al vir Ben kom vra om daardie
aand met toemaaktyd daar te wees. Die drankwinkel het 7 uur gesluit,
'n paar minute voor 7 het hy haar uit sy winkel gebel, sy was bang,
maar alles was reg. Hy het opgestaan om na haar te stap, toe sy die
foon neersit, spring die gewapende rower oor die toonbank en druk
haar plat op die grond. Ben, Martin Venter en sy vrou, Retha
(werknemers) stap niksvermoedend die winkel binne. Hy roep na Martie,
toe sy skree, spring die rower op die toonbank en skiet Ben in die
maag. Martin en Retha hardloop uit, die rower spring af en druk die
rewolwer teen Ben se bors, hy klap dit weg en die volgende skoot gaan
deur die kant van sy bors. Hy val en terwyl hy op die grond lê, skiet
die man hom van agter af in die rug. Martin kom terug gehardloop
agter sy vrou aan, die rower skiet na hom deur die glasdeur. Die koeël
tref hom in die duim en skrams in die maag.
Ben het 'n groot operasie ondergaan en was 'n week lank in die
intensiewe eenheid. Die eerste koeël het deur sy ingewande gegaan en
skade aan die dunderm gedoen. Die ander twee wonde was minder
ernstig. Hy was ongelooflik gelukkig - geen skade aan sy longe, of
dikderm nie, die koeël in sy rug het die bladbeen getref en
"afgehardloop" teen die been sonder ernstige skade.
Na die voorval was ek erg gekant teen die koop van die drankwinkel.
Ben was egter net positief, hy het bly vertel hoeveel dinge
"reggeloop" het, dat hy nie sal toelaat dat so iets ons keer nie. Hy
was ook baie vasbeslote om dadelik die winkel se naam na "Survivor" te
verander, omdat hy "survive" het en dat hy ook ander struikelblokke
sal "survive". Ons as gesin het God se genade beleef en het weer besef
dat ons lewens in Sy hande is. Dit het ons net nog nader aanmekaar
gebring en ons waardeer mekaar elke dag en dank God vir die voorreg om
ons gesin nog saam te hê. Dalene Meintjies

Additional Hints (Decrypt)

Gerr

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)