Next to the
Potchefstroom East Dutch Reformed Curch a memorial garden was
erected to honour the 1441 deceased from the Potchefstroom
Concentration camps.
|
Volgens gegewens
is bykans 300 vrouens en kinders uit die eerste
kamp begrawe. Laasgenoemde was tussen die
Wasgoedspruit en die Spoorwegstasie geleë. Uit
die tweede kamp, waar die Vyfhoekgedenktuin
tans is, aan die bopunt van Burgerstraat, het 1141
sterfgevalle voorgekom. Hier was vroeër 'n groot
begraafplaas langs die kamp, maar nou vertel die
twee monumente, 'n gedenknaald en 'n senotaaf,
die aangrypende verhaal. Aan die gedenknaald is
twee graniettablette as gedenkstene aangebring,
een op 16 Desember 1918. Dit is onthul deur die
weduwee van generaal J.H. de la Rey en lui so:
According to history, approximately 300
women and children from the first camp (situated between
Wasgoedspruit and Spoorweg station), were
buried. Previously there was
a larger memorial next to the camp, but now the two monuments, a
memorial needle and cenotaph tell the whole compelling
story. Two granite tablets are attached to the
memorial needle as memorialstones – one on 16 December
1918. It was inaugurated by te widow of Genl.
J.H. de la Rey: From the second camp, where the Vyfhoek
memorial garden is situated at present (at the top of Burger
street) 1141 people died.
|
GEDENKSTEEN
Ter Eere van de
967 kinderen, 117 vrouwen en 57 mannen
Die omgekomen zijn in de kamp alhier
Gedurende den oorlog van 1899-1902
“Hun nagedachtenis zal voortleven”
GEDENKSTEEN
onthul deur die
Staatspresident mnr. C.R. Swart
By die geleentheid van die oorhandiging van die
Kampkerkhof Vyfhoek
Aan die
Afrikaanse Kultuurraad
Op 9 Nov. 1963
“Ek dank die moedertrane
sade van nuutopgestanenasie.”
Totius
It was revealed by the State President Mr
C.R. Swart
during the handover of
the Camp Ceremony Vyfhoek to
the Afrikaans Culture Council on 09 Nov
1963.
SENOTAAF
Die ander monument, 'n senotaaf, is ongeveer
100 m van die gedenknaald opgerig. Dit
verteenwoordig die honderde stukkende grafstene
wat daar vroeër was, as 'n simboliese graf. Dit is 'n
agtkantige struktuur uit graniet waarop die name
van die kamp se oorledenes verskyn. Die name is
as volg in twee verdeel en volg alfabeties: dié van
kinders tot en met die ouderdom van 15 jaar – en
op die ander gedeelte dié van persone ouer as
15 jaar. Uit gegewens op hierdie senotaaf blyk dit
dat 967 kinders, 117 vroue en 57 mans in hierdie
tweede Potchefstroomse kamp omgekom het.
Aanvanklik is die terrein op ongereelde basis
deur studente skoongehou, maar toe dit later
baie verwaarloos geraak het, het die Afrikaanse
Kultuurraad ingegryp en is die terrein amptelik
in 1963 aan hulle oorgedra deur die Vyfhoek-
Noord-Bestuurraad. Fondse het egter steeds
ontbreek om iets monumentaal daar uit te rig.
Met die daaropvolgende bemoeienis van die
Sentrale Burgergrafkomitee, is 'n groot verbetering
bewerkstellig deur netjiese mure, 'n tuin en die
oprigting van die senotaaf. Sedert 1963 sorg die
Potchefstroomse Stadsraad vir die instandhouding
van die gronde.
The
other monument, a cenotaph, is erected approximately 100m from the
memorial needle. It represents the hundreds of vandalised
gravestones that were previously there, as a simbolic grave.It is
an eightsided structure made out of granite that displays the names
of those deceased in the camp. The names are
split in two parts and are listed alphabetically: those of the
children aged 15 years and younger, and those of the people older
than 15 years. From details on the cenotaph it
seems that 967 children, 117 women and 57 men died in this second
Potchefstroom camp. At first the terrain was
randomly cleaned by students, but after it was neglected it was
officially handed over to the Afrikaans Culture Council in 1963 by
the Vyfhoek North Management Council. However
they still lacked the funds to erect a monument.
With the help of the Central Burger Burial Committee improvements
were done in the form of walls, a garden and the erection of the
cenotaph. Since 1963 thePotchefstroom
Municipality
is
responsible for the maintenance of the grounds.
|
Bron FAMNEA Februarie 2006 •
Jaargang 3 – Uitgawe 2 (Esther Visser-Stieger)