Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions
in our disclaimer.
This is an easy roadside cache
The Griqua have their own national history, own traditional leadership that is more than 300 years old, their own flag and monuments, commemorative days, traditional clothing as well as other national traditions that forms part of their identity. The current Griqua Paramount Chief, Alan le Fleur I, can trace his roots back to before 1820's when a group of people of diverse background on recommendation of reverant John Campbell, exchanged their race naming from Gouri-Griqua to the current known Griqua.
The roots of the Griqua can in fact be traced back to 1740 when the first Paramount Chief of the Griquas, Adam Kok I, ruled. In 1894, A.A.S. le Fleur I took over the Paramouncy from the ruling Kok family in the absence of a heir.
Die Griekwas het 'n eie volksgeskiedenis, eie tradisionele leierskap wat oor meer as driehonderd jaar strek, eie vlag en volkslied, monumente, herdenkingsdae, tradisionele kleredrag en ander volkstradisies wat hul identiteit uitbeeld.
Hulle is die Griekwa, tot voor 1994 nog saamgeklont onder die veralgemenende term "Kleurling", maar 'n groep wat oor eeue heen met "nasielike bloedsgevoelte" en "geestelike sielsgevoelte" 'n eie volksidentiteit nastreef en uitleef.
Maar nie in 'n eie tuisland nie, sê prof. Ronnie Belcher, Stellenbosse digter en navorser oor die Griekwa. "Vir die Griekwa is 'n eie vaderland iets geesteliks en nie gekoppel aan 'n bepaalde grondgebied nie. Die Griekwa is immers die somtotaal van verskillende groepe wat dwarsoor die land versprei is. Hul vaderland lê in die hart en hul 'nasielike bloedsgevoelte' verbind hulle oor geografiese grense heen."
'n Gedeelde geskiedenis en herkoms en 'n bereidwilligheid om jou met die groep se kultuur en tradisies te vereenselwig, is die grondslag van Griekwa-wees, benadruk mnr. Cecil Le Fleur, voorsitter van die Griekwa-Nasionale Konferensie (GNK) van Suid-Afrika se raad van hoofmanne.
Die GNK, met sy hoofkantoor in Kranshoek naby Plettenbergbaai, is in 1904 in die lewe geroep om die Griekwa onder die Le Fleur-leierskap te verenig.
Van die Kaapse Vlakte tot die noordelikste uithoeke van Suid Afrika kry jy mense wat na hulself as Griekwa verwys, afstammelinge van die Khoi en die San wat in stamme soos die Namakwa, die Einikwa, die Koranna, die Gurikwa, die Cochokwa, die Chainokwa, die Hessekwa, die Houtenikwa, die Gourikwa, die Attawakwa, die Damakwa en die Gonakwa voortleef. In die Wes-Kaap woon hulle in sogenaamde bruin woonbuurte soos Pacaltsdorp (George), Mitchell's Plain, Grassy Park, Vredendal, Hawston (Hermanus) en Belhar, in die Noord-Kaap by Kimberley, Colesberg, De Aar en Victoria-Wes, in die Gautengse Edenpark, Kliptown en Riverlea naby Johannesburg, en naby ander stede, soos Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Dis 'n geintegreerde groep in 'n Suid-Afrika met sy verskeidenheid, maar enig in sy kultuur en identiteit: Griekwa, nie "Kleurling" of "bruin" nie, sê Le Fleur. "En om net te sê jy is 'n Suid-Afrikaner, is onvoldoende. Jy is in die eerste plek Suid-Afrikaner, maar in die tweede het jy 'n identiteit binne Suid-Afrika. Die Griekwa het bepaalde inheemse identiteit wat sê waar hulle vandaan kom en 'n kultuur en tradisies wat diè identiteit versterk."
Diè identiteit lê klaarblyklik opgesluit in die trotse geskiedenis van 'n volk wat met "rotsvaste nasielikheid, geloof in God en deursettingsvermoë triomfeer oor die oorlewengstryd, as deel van die laaste vesting van die Khou van Suider-Afrika."
Additional Hints
(Decrypt)
V nz ng gur onpx pybfr ol
rx vf ntgre onvr anol