Skip to content

Bittereinderpoort Traditional Cache

This cache has been archived.

Louwtjie&Vroutjie: Jammer dat dit nou maar moet gaan.

More
Hidden : 11/17/2010
Difficulty:
1 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   small (small)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

An easy road side cache with logsheet and pencil.





Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is op 16 Desember 1913 onthul. Dit is opgerig om die tragedie te gedenk van sowat 26 000 Afrikanervroue en -kinders wat enkele jare tevore in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 gesterf het.



Eers veel later sou besef word hoeveel swartmense ook as gevolg van die oorlog oorlede is—en staan die monument vandag eweneens as ’n somber herinnering aan die lyding in alle konflikte wat met brute geweld besleg is sonder om onskuldiges in ag te neem.



Die oprigting van die monument het destyds plaasgevind te midde van groot verdeelheid onder Afrikanerleiers oor wat hulle as in die beste belang vir die land geag het. Die een groep het noue bande met die veroweraar, Brittanje, gepredik. Vir hulle was die nuwe Unie van Suid-Afrika immers ook ’n deel van die sogenaamde Britse Gemenebes. Die ander groep het gevoel dat Boerevolk (Afrikaners) steeds sy eie heil weg van Brittanje moes uitwerk.



Die Vrouemonument was egter die één samebindende faktor… want niemand kon die oë sluit vir die skreiende onreg wat die Boere deur die destydse Britse militêre aangedoen is met hul hoogs omstrede beleid van “verskroeide aarde” nie. Toe die Britte bemerk dat hulle die Boerekrygers nie tot oorgawe kon dwing nie, het hulle ’n drastiese plan in werking gestel. Hulle het naamlik besluit om die Boere se plase af te brand en hul vroue, kinders, bejaarde mans en werkers kamma “vir hul eie beskerming” in konsentrasiekampe aan te hou.



As die kampe behoorlike geriewe gehad het, kon die Britse militêre miskien nog hul optrede vergewe gewees het. Die ontsettende teendeel was egter waar…




Additional Hints (Decrypt)

bar rvtug avar avar cyhf guerr

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)