Hierdie is 'n pragtige ligging en ideaal tydens sonsondergang.
'n Mens kry 'n pragtige uitsig van Potch. Neem jou eie pen
saam!
Vanaf Potch, neem die R501 na Carletonville. Net na die Tuscany
Ridge woonarea, draai regs by die "Dagbreeklandgoed" afdraai (sien
die "TURN-OFF" wegwyser) oppad na Feather Hill Spa &
konferensie venue. Feather Hill het ook 'n pragtige kerk en kyk ook
uit oor Potch. Gaan besoek dit gerus as u wil.
Met 'n Bergfiets kan jy natuurlik tot langs die cache ry!
Die eerste houer is vernietig en die cache is nou beter
weggesteek. Maak asb. seker die klippe word net so teruggepak
wanneer jy klaar die log geteken het en verseker dat die cache nie
sigbaar is nie.
This is a beautiful site and ideal at sunset. One gets a
pictures view of Potch. Please take your own pen!
From Potch, take the R501 to Carletonville. Just after Tuscany
Ridge, turn right at the "Dagbreeklandgoed" turn-off (see the
TURN-OFF waypoint) toward Feather Hill Spa and conference venue.
Feather Hill also have a beautiful church and you can go and visit
them higher up the hill.
With a mountain bike you can drive right up to the cache.
The first container was vandalised. The cache is now hidden
slightly better. Please make sure that you replace the rocks as
found and ensure that the cache is not visible.