'n
Afgeleë grondpad is betowerend. As jy die venster van jou kar
afdraai en so met jou arm op die deur sit en ry, na die geknars van
die klippe onder die bande luister en die geure van die veld diep
inadem, weet jy – die wêreld is reg! Betowerende grondpaaie
is afgeleë, daar ry min karre op en mense ry stadig en groet
beleefd as hulle by jou verby ry. Hulle het baie veilige stopplekke
met genoeg klippe om saam met jou seuns teiken te gooi en hope vars
lug wat jy diep in jou longe kan inteug.
Komaan, kom ry die pad, doen die cache, drink ‘n koffie op
die klip en sê Rondegatriviervallei vyf keer vinnig – jou
lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!
Geniet die cache!
*******************************************