Quartz Traditional Cache
ROTSIP: No response from owner.
This cache appears to be gone, and it seems unlikely that it will be replaced soon, so I'm archiving it.
If you wish to repair/replace the cache sometime in the future, just contact us (by email, quoting the GC number), and assuming it meets the current guidelines, we'll be happy to unarchive it.
Thanks for the past fun.
More
Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions
in our disclaimer.
This is a micro cache hidden in Quartz Conservancy. I did not want to put the plants at risk, so the cache is hidden on a playground apparatus. There is only a logsheet present, please bring your own pen/pencil. There is room for very small trading items. Stealth will also be required, there is a lot of feet and cars in the area.
Below is a newspaper extract on the history of this conservancy. This is such a great example of what can be achieved if people take a problem into their own hands and not just sit back and blame the powers in place.
####
Inwoners omskep park in sieraad
2012-04-10 23:21
Estée de Villiers
GROEN gras, kleurryke struike met blomme, bome en klimrame is nie iets wat in elke park in die stad gesien kan word nie.
’n Groep Universitas-inwoners in Bloemfontein werk al die afgelope ses jaar om die Kwartspark-bewarea (tussen Scholtzstraat, Kwartsstraat en Jacobsstraat) iets besonders te maak.
’n Gemiddeld van 22 inwoners, in samewerking met die munisipaliteit, onderhou die park. Mev. Veronica Verwey, sekretaresse van die Vriende van die Parkie-vereniging, sê vyf jaar gelede sou sy ’n uur lank rommel in die parkie kon optel, maar deesdae hou besoekers dit self skoon.
“Die kruks van die hele saak is dat ons mense wil trots maak op hul buurt.”
Die park was ’n leë, dor plek totdat van die inwoners in 2005 met mnr. Dawie Coetsee, die destydse munisipale direkteur van parke, vergader het en besluit het om die Vriende van die Parkie-vereniging te stig.
Inwoners het gehelp om rommel uit die park te verwyder en het goed uit hul erwe geskenk, soos plante, stene, boomstompe (wat as sitplekke dien) en die groen boog waaroor rankplante groei. Die munisipaliteit het 25 bome geskenk.
Die park is sedertdien as ’n bewarea geregistreer en word deur ’n outomatiese besproeiingstelsel nat gemaak.
Inwoners kan ook op Donderdae herwinbare rommel na die park bring, waar dit deur Rat Race Waste Recyclers opgelaai en dan herwin word.
Die komiteelede betaal maandeliks minstens R20 en drie keer per jaar hou hulle vergadering. Een maal ’n jaar kom hulle bymekaar om piekniek te hou in die park.
Mnr. Themba Skhosana werk een keer ’n week in die park en die komitee het in 2007 ’n grassnyer aangekoop vir wanneer die munisipaliteit nie die gras kan sny nie.
Verwey sê die munisipaliteit is ’n groot hulp en veral mnr. Gerhard Rademeyer en mnr. Hennie Spannenberg, albei hooftuinboukundiges vir die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM), is “steunpilare”.
“Ons almal is baie trots op Kwartspark-bewarea,” sê sy. “Jy sal nie glo hoeveel welwillendheid daar in die buurt is nie.”
- Volksblad
####
Additional Hints
(Decrypt)
Cynl va gur cnex
Treasures
You'll collect a digital Treasure from one of these collections when you find and log this geocache:

Loading Treasures