‘n Afgeleë grondpad is betowerend! Die geknars van klippe onder die bande, die vars lug en plattelandse vistas wat hulle bied, is kos vir die siel. Betowerende grondpaaie het min verkeer op en mense ry stadig en groet beleefd as hulle by jou verby ry. Hulle het hope veilige plekke om by te stop, waar daar genoeg klippe rondlê om saam met jou seuns teiken te gooi en waar die reuke jou 'n stories van die omringende veld vertel.

Die R356 tussen Loxton en Fraserburg is een van daardie lekker Karoo-paaie waar jy nog kort-kort oor ‘n motorhek rammel of moet rem vir ‘n skaap wat oor die pad hardloop. So komaan, kom ry die pad en doen die cache! Kom raak stil hier langs die pad en luister of jy die fuuuiiit-fuuuiiit van ‘n lewerik of die ver-af gekraak-kraak van ‘n korhaan kan hoor – dit gaan jou lewe verander! 
Lekker cache!
*******************************************
FTF: