Skip to content

Betowerende grondpaaie: Die Rante Posroete Traditional Cache

Hidden : 7/7/2012
Difficulty:
2 out of 5
Terrain:
2.5 out of 5

Size: Size:   regular (regular)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:


‘n Afgeleë grondpad is betowerend! Die geknars van klippe onder die kar se bande, die vars lug en plattelandse vistas wat hulle bied, is kos vir die siel. Betowerende grondpaaie het min verkeer op en mense ry stadig en groet beleefd as hulle by jou verby ry. Hulle het hope veilige plekke om by te stop, waar daar genoeg klippe rondlê om saam met jou seuns teiken te gooi en waar die reuke jou 'n stories van die omringende veld vertel.

Die Rante Posroete (AP2259) is ‘n alternatiewe roete tussen Fraserburg en Sutherland wat algemeen as een van die mooiste grondpaaie in Suid-Afrika beskou word en veral onder motorfietsryers gewild is. Daar is defnitief nie ‘n mooier Karoo-pad as díe een nie! Die dolerietkoppies waardeur jy aan die Fraserburg-kant ry is ryk aan kleur en tekstuur, dit bied ongelooflike uitsigte vanaf die Karoo-eskarp en verder kronkel dit verby vriendelike Karoo-skaapplase en oor verskeie bo-lope van die Riet en Klein Riet riviere. Teen die tyd dat jy weer by die R356 naby Sutherland aansluit, sou jy moes stop vir 2 hekke en oor 22 motorhekke en 12 laagwaterbrûe gery het. So komaan, kom ry die pad en doen die cache – dit gaan jou lewe verander!

Lekker cache!

*******************************************
FTF:

Additional Hints (Decrypt)

Ob-bc va ‘a xennx.

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)