Die Voortrekkers - Piet Retief Mystery Cache
Die Voortrekkers - Piet Retief
-
Difficulty:
-
-
Terrain:
-
Size:
 (other)
Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions
in our disclaimer.
Hierdie skat vorm deel van 'n reeks Skatte genaamd "Die Voortrekkers"
Hierdie skatte is almal in die Dinokeng Natuur Resevaat naby die Hartbeesfontein Voortrekker plaas.
NB Die Skat is nie by die gepublieseerde koordinate nie, maar wel daar naby.
... ..--- ..... ..--- -.... .-.-.- ---.. ..... ....- . ..--- ---.. ...-- ----- .-.-.- ----. ..... ...--
PIETER MOURIETS (PIET) RETIEF sou dié samebindende leier van die Groot Trek kon geword het, as dit nie was dat die Voortrekkers sulke inherente individualiste was nie. Hoogs bekwaam en geëer, sou die mantel van goewerneur wel dadelik op hom val die oomblik toe hy hom by die ander trekkers aansluit, maar hierdie aanwysing het ongelukkig nie die leierstryd laat verdwyn nie.
Hy was ’n sakeman, en waarskynlik ook die geleerdste onder die trekkers. Hy het met 120 weerbare manne en sowat honderd waens gekom, en in dié was ook sy vrou, Magdalena (vroeër die weduwee Greyling), en hul twee seuns en twee dogters. Sy dogters was albei so mooi dat dit aanleiding gegee het tot die naam van sy plaas by Riebeek-Oos—Mooimeisiesfontein.
Maar een van die tragedies in sy lewe was dat mislukte sakebedrywighede hom in 1832 vir ’n kort rukkie in die sogenaamde “debtors’ yard” in die Grahamstadse tronk laat beland het.
Retief (gebore in die Wamakersvallei, Wellington, op 12 November 1780 en gedood by Dingaanstat, Zoeloeland, op 6 Februarie 1838) was die skrywer van die bekende Retief-manifes. Daarin het hy die redes bekend gemaak waarom die trekkers die Kaapkolonie verlaat. Sowat honderd jaar later sou ’n geleerde nog sê dat die geskiedenis van die hele Suid-Afrika tot op daardie tydstip net kommentaar op die Retief-manifes was.
Die verhaal van sy dood is oorbekend: hoe hy van die Zoeloekoning Dingane die belofte gekry het van ’n groot stuk grond, wat alles daartoe gelei het dat hy, sewentig manskappe en ’n groot aantal agterryers doodgemaak is.
Uit oorlewering weet ons dat hy ’n man van middelmatige grootte was, effens donker van kleur, met swart hare en baard en ernstige maar vriendelike gelaatstrekke.
“Uit alles,” skryf Die Huisgenoot in Desember 1938, “kry ons die indruk dat hy ’n gebore leier was, ’n man met ’n sterk persoonlikheid en groot deursettingsvermoë, maar daarby was hy sagmoedig en vriendelik van aard en ’n man van innerlike godsvrug. Die verslaendheid en gevoel van hulpeloosheid wat sy heengaan onder die trekkers veroorsaak het, was meteens die maatstaf van sy grootheid.”
Additional Hints
(Decrypt)
Zbefr xbqr
Anab
Treasures
You'll collect a digital Treasure from one of these collections when you find and log this geocache:

Loading Treasures