Skip to content

Betowerende grondpaaie: Raaskrans Traditional Geocache

Hidden : 9/14/2013
Difficulty:
2 out of 5
Terrain:
4 out of 5

Size: Size:   small (small)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:


Die 5de van Hesamati se “Betowerende Grondpad” caches.

‘n Afgeleë grondpad is betowerend! Die geknars van klippe onder die kar se bande, die vars lug en plattelandse vistas wat hulle bied, is kos vir die siel. Betowerende grondpaaie het min verkeer op en mense ry stadig en groet beleefd as hulle by jou verby ry. Hulle het hope veilige plekke om by te stop, waar daar genoeg klippe rondlê om saam met jou seuns teiken te gooi en waar die reuke jou 'n stories van die omringende veld vertel.

So komaan, kom ry die grondpad, verken die Kloof en doen die cache – dit gaan jou lewe verander!


Hierdie is ‘n vinnige, padlangskat in die baie fotogeniese westerlike ingang tot die Baviaanskloof – die Nuwekloofpas. Die Baviaanskloof is ‘n smal vallei van so net minder as 200km lank en word deur die Baviaanskloof-berge aan die Noorde en Die Kouga-berge aan die Suide gevorm. Die Kloof is veral bekend vir sy tekstuurryke landskappe met growwe, rooi kranse en ‘n wye verskeidenheid van biome wat by die kontrasterende mikro-klimate aangepas het. In die algemeen word die noordelike hange van die berge deur Spekboomveld en Valleibosveld bedek terwyl die suidelike hange Kaapse Fynbos onderhou. In die lang, small syvalleie is selfs Knysna-woud plantegroei en bo-op die bergplateaus kom Renosterveld en Graslande voor. Die Kloof word as deel van die Klein-Karoo geklasifiseer a.g.v. die wyd verspreide sukkulente-Karoo bos in die vallei.

Let wel:
1. Daar is geen selfoonsein in die Kloof nie, maak dus seker jy laai die cache details af voor jy gaan.
2. Wees asb versigtig wanneer jy die cache terug plaas en moenie swaar klippe onoordeelkundig op dit pak nie.


Lekker cache!

*******************************************

Additional Hints (Decrypt)

~1z ob & 5z inans qvr cnqbccreiynx va ‘a xennx nna qvr Ennfxenaf-cnqgrxra fr xnag ina qvr ebgfsbeznfvr, trqrrygryvx zrg 'a RAXRYR xyvc orqrx. Zrre qrgnvy va qvr orqres-sbgb vaqvra abqvt.

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)