For English, see further on.
Dit is opvallend hoeveel van die ou plekname iets met water te doen het. Hierdie voorstad, Rietfontein, is vernoem na die plaas met dieselfde naam wat in die vroeë jare aan ene Joachim Petrus Prinsloo behoort het. Ek kon nie die oorspronklike fontein opspoor nie, maar die kans is goed dat die water hierlangs verbygevloei het.
It always amazes me to see how many of the old place names refers to water. This suburb, Rietfontein, was named after the farm Rietfontein which used to belong to Joachim Petrus Prinsloo. I could not find the original fountain, but the chances are good that its water flowed past here.