Skip to content

Betowerende grondpaaie: Erekroon Traditional Cache

Hidden : 8/12/2014
Difficulty:
1 out of 5
Terrain:
2 out of 5

Size: Size:   regular (regular)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:


Die 7de cache in Hesamati se “Betowerende Grondpad” reeks.

Reeks agtergrond
‘n Afgeleë grondpad is betowerend! Die geknars van klippe onder die bande, die vars lug en die plattelandse vistas wat hulle bied, is kos vir die siel. Betowerende grondpaaie het min verkeer op en mense ry stadig en groet beleefd as hulle by jou verby ry. Hulle het hope veilige plekke om by te stop, waar daar genoeg klippe rondlê om saam met jou seuns teiken te gooi en waar jy rustig aan jou padkos kan spul met net die klanke van die veld wat jou geselskap hou.

Hierdie skat
Vat die Oatlands-pad net buite Jansenville noord en sommer gou-gou beland jy op ‘n betowerende kronkelpad deur die lae kliprandjies wat swaar dra aan noorsdoring, ghwarrie, bitterbos en aalwyne. ‘n Verassende tekstuurryke en kleurvolle omgewing hier op die harde Kamdeboo-vlaktes, veral in die winter wanneer die bitteraalwyne rooi teen die rante spoeg.

Die cache is vernoem na die plaas Erekroon verder aan op die pad wie se vriendelike eienaar langs ons gestop het en ons na sy plaas genooi het om na sy Angora skeeraktiwiteite te gaan kyk. Die spontane gasvryheid en die persoonlike insig in die uitdagings en voorregte van ‘n Karoo-veeboer was een van die hoogtepunte van ons vakansie. Die tipe ding wat net op ‘n betowerende grondpad gebeur!

So komaan, kom ry die pad en doen die cache – jy sal nie spyt wees nie.

Hanteer asb die cache-houer VERSIGTIG!


Lekker cache!

*******************************************

Additional Hints (Decrypt)

Jrf ina qvr cnq, ntgre qvr tebbgfgr nnyjla va qvr bztrjvat…

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)