Skip to content

Bladgrond Traditional Geocache

Difficulty:
1.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   micro (micro)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

I'm doing this one in Afrikaans since it's about my family history and family farm.  Quick park and grab.



Harm van Tiddens is die stamvader van die van Tiddens-familie in Suid-Afrika. Hy is 1 Augustus 1861 in Hellum, Groningen in Nederland gebore. Op die jonge ouderdom van slegs 20 (1881) het hy besluit om na Suid-Afrika te trek. Met sy aankoms hier het hy 'n skool op Piketberg begin.



Op 13 Desember 1886 is hy op Kenhardt getroud met Mej Elsje Johanna Strauss, gebore 10 Julie 1867. Uit hulle huwelik is 7 seuns & 4 dogters gebore. In 1894 het hy hom as trekboer op Nousees, Kenhardt, gevestig. Daar het hy 'n tydelike posagentskap waargeneem. Kort daarna het hy weer getrek na ‘n aangrensende plaas, Bladgrond, wat hy gekoop het en as sy eiendom bewoon het tot sy dood op 13 Mei 1934.



Gedurende die Anglo-Boere-oorlog is hy in een van die konsentrasiekampe in Namakwaland geplaas. Onmiddelik na die sluiting van die vrede is hy in Kimberley voor die Hooggeregshof gedagvaar en is veroodeel tot 2 jaar gevangenisstraf en £200 boete of nog 9 maande tronkstraf. Hy was vir 'n geruime tyd op Tokai in die tronk, maar het nie die volle tyd uitgedien nie.



Onmiddelik na sy vrylating het Harm van Tiddens, ook bekend as Oom Herman, na sy plaas Bladgrond terug gekeer. Brandarm, maar is gelukkig deur sy familie uit Nederland van geld voorsien en kon dus weer met sy boerdery voortgaan. En kon ook weer sy dienste as posagent waarneem. Oom Herman het altyd die regeringsrapporte met 'n kar en 2 donkies Kakamas (sowat 70km vanaf Bladgrond) toe geneem.



Die plaas Bladgrond is na meer as 122 jaar steeds in die familie en my pa, ook Harm van Tiddens, boer steeds daar.

Additional Hints (Decrypt)

Abg n fvta bs gur gvzrf, fuvaf jvyy or zber npphengr.

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)