Skip to content

Black Eagle GeoArt BE59 - Nege en Vyftig Mystery Cache

Hidden : 7/9/2018
Difficulty:
1.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   micro (micro)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:


Gauteng West Rand Black Eagle GeoArt Series

Welcome to the West Rand, Gauteng!

The West Rand geocaching community is very proud to present BLACK EAGLE GEOART, the only GeoArt series to date in South Africa depicting the rare Black Eagle!

Apart from its rich cultural history, the West Rand in Gauteng, South Africa is also home to an extremely active geocaching community. The West Rand geocachers are a social bunch and meet at least once every month to share stories, swap experiences and trackables and enjoy each other's company.

We hope you will enjoy exploring the beauty of the West Rand, Gauteng!

-------------------------------------

Afrikaans is 'n Nederfrankiese taal wat 'n lid is van die Germaanse taalgroep. Afrikaans is een van die jongste erkende tale. Dit is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal erken, en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet.

Afrikaans is tans een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en daarnaas ook 'n belangrike taal van Namibië. Dit word deur ongeveer 6,59 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5 persent van die totale bevolking) en in elf persent van alle Namibiese huishoudings as eerste taal gebruik. Afrikaans het uit 17de eeuse Nederlands ontwikkel en meer as 95 persent van sy woordeskat is van Nederlandse oorsprong.

'n Klein aantal woorde is ontleen uit tale soos Maleis, Portugees, Frans, Duits, Engels en ander Afrikatale. Afrikaans het op sy beurt weer 'n groot invloed uitgeoefen op Suid-Afrikaanse Engels en plaaslike swart tale en 'n aantal Afrikaanse woorde is in baie ander tale opgeneem.

Sowat een miljoen van Suid-Afrika se 6,44 miljoen Afrikaanssprekendes is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels. Buiten die oorspronklike taalgebied is daar groot groepe Afrikaanssprekendes in lande soos Namibië (146 000), die Verenigde Koninkryk (ongeveer 100 000), Nieu-Seeland (21 000 in 2006), Botswana (20 000), die Verenigde State (19 000), Australië (43 741, volgens die sensus van 2016), en Kanada (8 770 volgens die sensus van 2011).

Hoewel Afrikaans as 'n Germaanse taal geklassifiseer word, kan dit op grond van ruimtelike gebruik as 'n Afrikataal bestempel word. In Afrika word daar 'n reeks tale gepraat, wat nie aan mekaar verwant is nie. In die sin kan enige taal van Afrika as sinoniem met Afrikataal beskou word.

Afrikaans is ‘n pragtige taal, kleurryk en sterk, met woorde en begrippe wat net in Afrikaans gebruik kan word en onvertaalbaar is.

 

Hiermee ‘n paar interesante feite rondom Suid Afrika en Afrikaans:

 

  1. Suid Afrika se hoofstede is Kaapstad, Bloemfontein en Pretoria.
  2. Die Krugerwildtuin is so groot soos Wallis.
  3. In Maart ‘26 vind die eerste kommersiële vlug na Suid Afrika plaas met ‘n retoer vlug tussen London en Kaapstad.
  4. Suid Afrika se nasionale blom is die Koningsprotea.
  5. Suid Afrika se buurlande is Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië en Swaziland. Lesotho word heeltemal omring deur Suid Afrika.
  6. Nommer 1 is ‘n neerhalende naam wat vir die eertydse president van die Republiek van Suid Afrika gebruik is.
  7. Daar is geen lande tussen Suid Afrika en Antarktika nie.
  8. Suid Afrika het die wêreld se langste wynroete.
  9. Suid Afrika is die wêreld se grootste platinum verskaffer.
  10. 0762 is die poskode vir Lesetsi-Capricorn-Mphahlele, Limpopo. (762 sal nie jou brief daar kry nie.)
  11. Die wêreld se grootste diamant is in Suid Afrika gevind.
  12. Suid Afrika is die enigste land in die wêreld wat al die sokker, rugby en krieket wêreldbeker kompetisies aangebied het.
  13. Dumasile Nokwe, die eerste swart advokaat van die Hooggeregshof van Transvaal is in Mei ‘27 gebore.
  14. Die Suid Afrikaanse brouery SABMiller verskaf helfte van China se bier.
  15. Suid Afrika se Rovos Rail word beskou as die mees luukse trein in die wêreld.
  16. Charlotte Maxeke, na wie die reuse eertydse Johannesburg Algemene Hospitaal vernoem is, is in Oktober ’39 oorlede.
  17. Oorlede president Nelson Mandela en Aartsbiskop Desmond Tutu, beide wenners van die Nobelprys vir vrede, het in Vilakazistraat, Soweto, gewoon.
  18. Die provinsie van KwaZulu-Natal het ‘n koning en sy naam is Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu.
  19. Gaberone, sommer Gabs vir kort, is die hoofstad van Botswana en dit is 276km van Johannesburg af.
  20. Suid Afrika het nege provinsies en elf offisiële tale.

 

 

(This hide is DELICATE.

Please do not remove it from it's location.

Look carefully!! You will, with close scrutiny, notice where it's different.

Just turn it very carefully please. Groot asseblief!)

 

 

Additional Hints (Decrypt)

Qnnef 'a tng va qvr tebaq & qvr tebra tenf tebrv qnnebz Vaavtng vf qnne 'a obbz & naav obbz vf qnne 'a gnx & naav gnx vf qnne 'a zvx Qvffvr zvx vaav gnx & qvr gnx naav obbz & qvr obbz vaav tng & qvr tng vaav tebaq & qvr tebra tenf tebrv qnnebz

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)