Skip to content

Kaspaas en die Rooi planeet Mystery Cache

Hidden : 4/4/2019
Difficulty:
5 out of 5
Terrain:
3.5 out of 5

Size: Size:   micro (micro)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:


The cache is not at the listed coordinates.


Alert: You are about to download a file that contains details needed to find this geocache. As the geocache owner, I ensure that this file is safe to download. It has not been checked by Geocaching HQ or by the reviewer. Download this file at your own risk.
For some it is easier to slow down the spaceship and keep it in the middle of the screen.



Mars - 2020


Kaspaas het in die platteland, op 'n afgeleë plaas grootgeword. Die dae toe daar nog tyd was om na die sterre te kyk en drome te droom. Met tyd het wense op verskietende sterre verander van speelgoed en lekkers, na reise na verafgeleë planete.


Die maanlanding was nog vars in die geheue, en Kaspaas het daarvan gehou om boeke te lees. Die kombinasie van omstandighede, het vrye teuels aan sy verbeelding gegee. Hoekom stop by die maan? Die mens kan sekerlik die heelal verder verken.

Die groot stad met sy baie liggies was omtrent net so onbereikbaar as die sterre en ander planete. Kaspaas se onblusbare nuuskierigheid en avontuurlus moes bevredig word. Die maandelikse optog na die "dorp" om inkopies te doen was net die geleentheid om verder te verken. Boekwinkels was altyd 'n gunsteling plek.


Eendag ontdek Kaspaas toe "Asteroids". Die videospeletjie wat aan Kaspaas se drome sou vlerke gee. Die jaar was 1980 en Kaspaas was die kaptein van sy eie ruimteskip, op pad om ander planete te ontdek. Net so 'n klein probleempie, die asteroïde gordel tussen hom en sy drome. Sonder gravitasie word die fynste verstellings geverg om die ruimteskip te bestuur. Op die selfde tyd moet asteroïdes wat te naby aan die skip kom met die laser vernietig word.

Alles gaan goed tot een van die afgebreekte stukke die skip tref. Kaspaas word vanuit 'n waas wakker, met 'n pyn aan die kant van sy kop. Dit vat 'n ruk om te besef dit is sy ma wat hom aan die oor beet het en uit die winkel sleep.


Mars



Voorwaarts Mars en dit is die jaar 2019. Kaspaas staan op die punt van al sy drome om waar te word. Vandat die aansoeke om vrywillers oopgemaak het vir die eerste bemande ruimteskip na Mars was Kaspaas aan boord. Jare se beplanning kom alles tot 'n punt. Vir die reis na Mars wat omtrent 'n jaar sal duur, word die bemaning aan die slaap gesit. Terwyl Kaspaas deur slaap oorval word, kom die herinnering van daardie dag met die videospeletjie weer by hom op.

Kaspaas word uit 'n waas wakker. Daar is 'n skerp pyn aan die kant van sy kop, en hy proe bloed in sy mond. Allerhande alarms is besig om af te gaan. Iets drasties het verkeerd geloop. Die ruimteskip is verby Mars en het in die asteroïde gordel beland. Daar is nie tyd vir speel nie. Kaspaas beman die beskadigde kontroles. Net sekere van die knoppies werk, en ander veroorsaak nog meer skade. Daar is net een manier, versplinter al die asteroïdes in sy pad en keer terug na Mars.


Is jy opgewasse vir die taak? Kliek die foto van die Rooi Planeet en doen jou ding. Sterkte.



Check your coordinates here.




Die skat kan eers gevind word wanneer dit weer veilig is om op aarde rond te reis.


Additional Hints (No hints available.)