Die Ou Dipgat
Na die uitbreek van Runderpes in die laat 1800s en weer in die vroeë 1900s is daar landwyd begin om veedippe te bou ten einde hierdie gevreesde veesiekte te bekamp. Sir Percy Fitzpatrrick (Outeur van "Jock of the Bushveld") was een van die eerste bouers van hierdie veedippe. Navorsing toon dat hierdie ou veedip, bekend as die "Ou Dipgat", om en by 1920 gebou is om kleinboere en dorpsbewoners wat vee aangehou het te bedien. Die ligging van die Ou Dipgat is bepaal deur die leiwatervoor wat agter die Dipgat vloei aangesien lopende water 'n vereiste was vir veedippe van daardie tyd. Die Ou Dipgat het 'n belangrike rol gespeel in die bekamping van veesiektes.
The Old Cattle Dip
After the outbreak of Rinderpest (cattle plague) in the late 1800s and again in the early 1900s, livestock dips began to be built nationwide to combat stock disease. Sir Percy Fitzpatrick (Auther of "Jock of the Bushveld") was one of the first builders of these cattle dips. Research indicates that this old cattle dip, known as the "Old Dipgat", was built around 1920 to serve small stock farmers and town's folk who kept livestock. The location of the Old Dipgat was determined by the irrigation water-furrow which flows behind the dip. Running water was a requirement for cattle dips of that time. The Old Dipgat played an important role.