Geskiedenis:
As gevolg van die herroeping
van die Edik van Nantes deur Lodewyk XIV in 1685, is geloofsvryheid
in Frankryk opgehef en moes die duisende Protestante aldaar hulle
vaderland verlaat en elders 'n nuwe tuiste gaan soek.
Ongeveer 200 Franse Hugenote het gedurende die laaste ongeveer 12
jaar van die sewentiende eeu na Suid Afrika gekom waar hulle in die
omgewing van Stellenbosch en die huidige Franschhoek en Drakenstein
(Paarl) gevestig is.
In 1691 het die Here XVII
verlof gegee en het die gemeente in daardie jaar tot stand
gekom Ds Pierre Simmond was die eerste leraar van die
gemeente en het die bediening tot 1702 waargeneem
Die eerste kerkgebou is in
1694 naby die plaas Babylonstoren in die omgewing van die huidige
Simondium opgerig. Klaarblyklik was die Bolandse winterreen
te erg en het die kerk spoedig in 'n bouvallige toestand
verval. Gevolglik is in 1717 besluit om die gebou te
sloop. Die gemeente het dadelik aan die werk gespring en in
1720 is die nuwe kerk, wat teen die koste van ongeveer R4000
opgerig is, in gebruik geneem op die terrein waar die huidige
kerkgebou vandag staan. Aan die einde van die agtiende eeu
het dit duidelik geword dat die kerkgebou nie meer doeltreffend was
nie. Aan die bekende Frans-gebore ingenieur en argitek
Thibault is toe opdrag gegee om 'n plan vir die nuwe kerkgebou te
teken. Later is van die plan van Thibault afgesien, en in
1800 het ene Manhafte Kuchler 'n nuwe plan aan die kerkraad
voorgele. Dit is aanvaar.
Die nuwe kerk siu in die
vorm van 'n Griekse Kruis gebou word. Binnekant is die kerk
die eenvoud self, terwyl die gewels aan die buitekant beskou word
as van die mooiste in in die land. Aan die westergewel is die
volgende treffende Latynse spreuk aangebring: "Sol justitiae
illustra Nos". ("Die Son van geregtigheid bestraal
ons".)
Op 28 April 1805 het die
inwyding van die nuwe kerkgebou plaasgevind. Ds. Serrurier
van Kaapstad het by die geleenthied die inwydingsrede
gevoer.
In 1824 is die kerk van 'n
solder voorsien en is twee gallerye met banke in die noorder en
suidervleuels aangebring. In die res van die kerk is daar
stoele gebruil gemaak. In 1852 is die kerk vergroot deur die
muur tussen die kerk en die konsistorie te verwyder en die nuwe
konsistorie aan dieselfde vleuel aan te bou. In 1878 is
besluit om die stoele in die kerk met banke, wat tans in gebruik is
te vervang. In pas met die dinamiese huidige gemeente, is
daar in 1994 die modernste oudiovisuele apparaat
geinstalleer.
Die
Preekstoel:
Die preekstoel wat tans in
gebruik is, is on 1838 deur mej. M.M. Kraynouw aan die gemeente
geskenk. Dit is van stinkhout gemaak en veral opmerklik is
die koperpen waaraan Ds. G.W.A. van der Lingen, volgens Nederlandse
gebruik, sy steek (driekantige hoed) opgehang het. Die duif
wat van die plafon van die preekstoel hang, dien as simbool van die
Heilige Gees.
Voor die preekstoel staan
die voorlesingsknapie. Langs die preekstoel hang die
"armbeursie" waarmee eers gekollekteer is. Onderaan elke
sakkie het 'n silwerklokkie gehang waarmee slapende aanbidders,
vanwee die al te lang preek, vir die kollekte wakker gemmaak
is.
Die orrel:
Die eerste orrel van die
gemeente is in 1791 in gebruik geneem, maar in 1831 is dit deur 'n
nuwe orrel vervang. Die orrel het langer diens gedoen as die
eerste, maar in 1894 deur 'n derde orrel vervang. Teen 1927
is besluit om die orrel te vergroot en in 1929 is die vergrote
orrel in gebruik geneem. Na die aardbewing van 1969 was dit nodig
om die kerkgebou te restoureer en is daar besluit om 'n nuwe orrel
te bou eerder as om die reeds verweerde een te herstel. Die
pype en die bolwerk is soos die van die oorspronklike 1791-orrel en
is met houtsneewerk versier. Dietrich-Haye het die
houtsneewerk gedoen en die orrel is gebou deur Andre Wattel en
Seuns, Suidelike Orrelbouers.
Dit is 'n tipiese
barokorrel, gekenmerk deur golwende lyne en dekoratiewe styl.
Vir die hout-sneewerk is mahoniehout gebruik. Die orrel met
sy 1800 pype en 'n omvang van 26 registers is op Sondag, 13
Nobember 1977 ingewy.
Die
Kerkhof:
Die kerkhof is aangele toe
die terrein waarop die huidige kerkgebou staan, verkry is.
Volgens besluit van die toenmalige kerkraad sou die kerkhof vyf en
dertig vierkante roede beslaan. Dit is in 1720 in gebruik
geneem. 'n Nuwe fase in die bestaan van die kerkhof is die
Tuin van Herinnering waar die as van oorledenes bewaar word.
Dit is in 1999 in gebruik geneem. Ongeveer 7500 gestorwenes,
die meeste van Franse afkoms, het reeds in hierdie kerkhof 'n
laaste rusplek gevind. Inligting oor sowat 6000 is georden en
gepubliseer.
Die
Pastporie:
Elf predikante het van
omstreeks 1715 tot 1872 in die eerste twee pastiriee, op die
terrein agter die huidige Toringkerk, gewoon. Die eerste
pastorie is in 1788 gesloop en 'n nuwe gebou, tans die Paarl
Museum, is opgerig. In 1873 het die kerkraad die woning van
die voorleser, wat reg oorkant die Strooidakkerk gelee was
oorgeneem as pastorie en dit vergroot. Dit het as pastorie
gedien tot 1965 toe daar besluit was om die gebou te sloop.
Dit is vervang deur die pastorie wat tans bestaan. Die
patroon en buitemate van die ou pastorie is behou, terwyl die
voorkant behou is soos dit oorspronklik was.
Die Klok:
Die klokpilare wat links
voor die kerk staan, is in 1811 opgerig. Die inskripsie op
die klok lui: "MDCCXIII Claes Noorden et Albert de Grave het my in
1714 in Ansterdam gemaak". Die ysterhekke wat tans nog by die
ingang van die kerkterrein is, is in 1808 deur Jan Warnick
aangesit.
Toestemming:
Toestemming om die Cache te plaas was verkry by Hennie (082 436
4251)