Skip to content

Boerneef Traditional Cache

Hidden : 11/3/2011
Difficulty:
1.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   micro (micro)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

An easy cache with logsheet and pencil.

Boerneef was die skuilnaam van Izak Wilhelmus van der Merwe. Boerneef was gebore in 1897 in die Ceres distrik (in die Koue-Bokkeveld) op die plaas “BOPLAAS”. Hy het op Ceres skoolgegaan en later aan die Universiteit van Kaapstad gaan studeer. Hier behaal hy sy M.A. asook B.Ed- grade. Tydens sy finale studiejare was hy tydelik lektor in die Departement Afirkaans-Nederlands. Hy hou daarna ‘n jaar lank skool by S.A.K.S. voordat hy in 1922 ‘n lektoraat aan sy Alma Mater aanvaar. Sedert 1957 is hy ‘n professor. Prof Izak Wilhelmus van der Merwe het Afrikaanse- en Nederlandse literatuur doseer.

In sy vroeëre jare het hy meestal net kortverhale en prosa geskryf en het later (die laaste 10 jaar van sy lewe),begin dig. In Boerneef se eerste bundel kortverhale “Boplaas”, word die musikant en kunstenaar Dirk Ligter die eerste keer bekend gestel met die verhale "Dirk Ligter" en "Dirk Ligter - Die nimlike hy. Die bundel is in 1938 deur Nasionale Pers gepubliseer.

Boerneef en Ligter het mekaar op die Van der Merwes se plaas, Boplaas, in die Koue-Bokkeveld leer ken, alhoewel Boerneef nog 'n kind wat en Ligter was toe al opgeskote.

n 1938 verskyn ‘n volgende bundel’ “Van my kontrei”. Hierin is ‘n vervolg oor Ligter, "Dirk Ligter - Nog altyd die nimlike hy", opgeneem. Al drie essays is in 1979 by Tafelberg in Boerneef: Versamelde prosa, versorg en ingelei deur Merwe Scholtz, gepubliseer.

In ‘n boek, met vertellinge oor die Ceres-kontrei, wat in 1997 deur Unisa uitgegee is, is aanvullende inligting oor hom in 'n opstel in die bundel “Ceres van gister en eergister”, deur Francois Botma bekend gestel.

In 1998 verskyn die bundel wat deur prof. Wium van Zyl saamgestel is. Die bundel is 'n Keur uit sy prosa en poësie : Boerneef: Die berggans het 'n veer laat val - albei kortverhale oor Ligter is daarin opgeneem. Die bundel is uitgegee deur Tafelberg,.

'n Boesmanlander, Joe Dauth, met 'n groot liefde vir die kultuurdinge van die Karoo, het ná sy eie jare lange navorsing oor Ligter die interessante biografie Dirk Ligter in 2001 uitgegee. Die biografie het Boerneef se vertellinge oor Ligter aansienlik aanvul.

Met die talle vertellings en verwysings na Dirk Ligter kan ware liefhebbers van Afrikaans en die Afrikaanse literatuur en volkskultuur nie Dirk Ligter as 'n onbekende beskou nie. BOERNEEF het soveel van Ligter gedink dat hy nie minder as drie gedigte - of "rympies", soos hy dit genoem het - oor dié swerwende troebadoer geskryf het. Die gedigte is getitel :"Dirk Ligter I", "Dirk Ligter II" en "Dirk Ligter III".

Verskei Ligter-rympies, wat Boerneef opgeteken het, is vandag nog herkenbaar in ons volksliedjies. Van die Ligter versies is die volgende:

“As die wind so waai, waai,

soos hy nou daar waai, waai,

dan waai my jas, dan waai my jas,

in die taaibos vas, in die taaibos vas.”



“Dis die wit perd van Calvinie,

hy loop maar hy kan nie sien nie,

dis die kolperd van Calvinie,

hy loop maar hy kan nie sien nie.”



My naam is dokter Ysterbaard

piere- wiere-wiet Jan Bam;

ek trou 'n vroutjie na my aard,

piere-wiere-wiet Jan Bam,



Victoria, Victoria , piere-wiere-wiet Jan Ariga

Victoria, Victoria, piere-wiere-wiet Jan Bam.

Al slaan my ma my neer,

as ek opstaan, dan loop ek weer.

Al is ek hoeka oud, ek is oud, maar nog nie koud.

‘n Kenmerk van Boerneef se werk was die soeke en verlange na sy land en sy genot van die eenvoud van die lewe. Sy werke het ook invloede van die geestelike en vrees vir die dood weerspieël .

Boerneef (Izak Wilhelmus van der Merwe) is in 1967 oorlede

Additional Hints (Decrypt)

Gerr (tebhaq yriry)

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)