Skip to content

Our History - FONTAINEBLEAU Multi-Cache

Hidden : 5/20/2014
Difficulty:
1.5 out of 5
Terrain:
2 out of 5

Size: Size:   micro (micro)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

The first stage will mealy take you to the old School hall that was build in 1906.

"FONTAINEBLEAU, Tvl. Residential and farming township in the Randburg municipal area and in the magisterial district of Johannesburg.  The township lies about 8 miles (13km) north-west of the Johannesburg City Hall.  The township was named after the royal palace outside Paris by W. H. Auret Pritchard, who surveyed it soon after his return from a holiday in Paris."
Geneem uit: Newscutting Ferndale.

 

Laerskool Fontainebleau – die oudste skool in Randburg – is in 1906 gestig as ‘n klein plaasskooltjie met 81 leerlinge en 2 personeellede.  Die skoolgeboutjie was van sink gemaak en het in Marthastraat gestaan.  Hoewel die voertaal Engels was, was die kinders oorwegend Afrikaanssprekend.

Die kinders het hoofsaaklik van die plase Klipfontein, Boskop en die kleinhoewes van Linden, Windsor, Craighall, Ferndale en Fontainebleau gekom.
Die pa’s van die kinders was oor die algemeen boere, smede, bouers, slagters, bakkers, messelaars en blomkwekers.  Aangesien die leerders self by die skool moes kom, was skoolbywoning baie swak – veral wanneer dit baie gereën het!

Die meeste kinders moes maar skool toe stap, maar sommiges het met perde- of donkiekarretjies skool toe gery. Die eerste busdiens het uit muilwaens bestaan wat die kinders gaan oplaai en na skool weer huistoe geneem het.

In 1913 het die leerlinge hul intrek in die nuwe skoolgebou geneem wat geleë is waar ons skool tans staan.  Al die klasse wat toe in gebruik geneem is, word vandag nog gebruik.  Hulle het in daardie dae nie ’n klavier gehad nie en is met viool begelei wanneer hulle gesing het.

Voordat die skoolsaal gebou is deur die destydse hoof, Mnr. Minnaar en die ouers van Laerskool Fontainebleau, moes die kultuur aktiwiteite maar in die buitelug geskied. Volgens die skooljoernaal was die opbrengs by een van die buitelugkonserte sowat £40 - 'n groot bedrag in daardie dae. Op 11 Augustus 1954 word die bouwerk begin deur die fondament vir die mure wat die vloer moet dra te gooi. Op 1 Desember 1954 is die saal in gebruik geneem. Op 4 Desember word die jaarlikse skoolkonsert vir die eerste keer in die saal gehou. Die totale koste verbonde aan die projek: £5,800.

Interessante Geskiedenisbrokkies:

  • 1 Jan 1947 - Die Std 6 - leerlinge word oorgeplaas na die Linden Junior - Hoërskool. (Die graad 8 leerders was voorheen deel van die laerskool).
  • 5 Feb 1947 - Swembad Voltooi
  • 5 Des 1947 - Dr Fraser ('n tandarts) in diens van die Departement van Gesondheid kom trek 142 tande!
  • 18 Aug 1955 - die skool kry aansluiting tot stadswater
  • 26 April 1956 - Elektrisiteit by die skool!
  • 14-16 Mei 1956 - Volgens inspeksieverslag - 50e verjaarsdag van die skool - skool verander van parallelmediumskool na Afrikaans-mediumskool.
  • 10 Nov 1959 - 'n Begin word gemaak met die aanbou van die nuwe administratiewe eenheid, biblioteek, stafkamer en latrines.

Additional Hints (Decrypt)

Ubcr lbh unir lbhe uvtu urryf ba....

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)