Skip to content

Arbeidsgenot Traditional Cache

Hidden : 12/15/2014
Difficulty:
1.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   micro (micro)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

Gedurende 1989 – 1990 is die huis en die tuin volledig gerestoureer en baie sorg is aan die dag gelê om te verseker dat alles so na as moontlik aan die oorspronklike gehou word en is die woning 'n Nasionale Gedenkwaardigheid. 


Sowat sewe maande na Langenhoven se terugkeer na Oudtshoorn, op 13 Junie 1903, word 'n akte van transport ten gunste van Magdalena Maria Langenhoven (Vroutjie) gemaak vir 'n woning met die naam Woodbine, geleë in Westelike Weg – 'n straat wat in 1952 tot Jan van Riebeeckweg herdoop is.

In 'n later stadium het Langenhoven die huis herdoop tot Arbeidsgenot en self twee hekke gemaak, met die woorddele "Arbeids" en "genot" aan die straat se kant daarop uitgebeitel. Mev. Langenhoven het die blomtuin behartig terwyl Langenhoven lief was daarvoor om water te lei. Woodbine is in 1898 gebou op erf 452, die ou lot 246 van erf 1 van Oudtshoorn, deur die destydse eienaars, Hans Andreas Bernhardt en August Hoesch en was dus nog 'n betreklik nuwe huis toe die Langenhovens dit gekoop het. Die grond waarop die huis staan, was oorspronklik deel van Erf 1, wat in 1875 verkoop is aan George Mason Edmeades.

In die eetkamer het Langenhoven saans op sy stoel voor die kaggel aangesit vir ete. Op dieselfde stoel, wat deur Vroutjie (sy vrou) gemerk is, het hy ook baie maal gesit en skryf. Dit is hier, uit die hart en pen van C.J. Langenhoven dat die eerste drie strofes van Die Stem, voorheen die volkslied van ons land en nou deel van die nuwe volkslied, gevloei het – elke woord 'n uitdrukking van sy geloof in die land waarvoor hy so hartstogtelik lief was.

Die olifant op die vertoonkas het aanleiding gegee tot die boeke Sonde met die Bure en Herrie op die Tremspoor. Na die verskyning van hierdie boeke, het Langenhoven olifante as geskenke van heinde en verre ontvang.  Op die oomblik is daar nie minder as 108 olifantjies by Arbeidsgenot nie.    Die muurpapier in die gang is deur Langenhoven self ontwerp en beeld sy persepsie van Herrie die olifant se vel uit. Van die houtwerk in die huis is 'n voorbeeld van Langenhoven se ander handewerk.

Die voorste spaarkamer is, nadat die Van Velden-kinders (Vroutjie se kinders uit ‘n vorige huwelik) uit die huis is, deur Langenhoven verander in 'n studeerkamer, alhoewel hy nooit een spesifieke plek gehad het waar hy geskryf het nie. Hy het die vermoë gehad om selfs in 'n restaurant, te midde van al die geraas te skryf. Hy was ook baie lief om in die tuin onder die Karoosipres te sit en skryf en later, nadat die boom gevrek het in 1927 se droogte, onder die bamboesbos wat hy ook self geplant het.

Tussen die vier mure van Arbeidsgenot, lê lange jare van C.J. Langenhoven, vader van Afrikaans, se geskiedenis. In die vrykamer, wat hy as studeerkamer gebruik het, het Langenhoven sy kop neergelê vir die ewige rus, maar steeds leef hy voort in ons taal en boeke.  Langenhoven is in 1932 in die ouderdom van 58 jaar en 11 maande aan hartverlamming in die voorste spaarkamer oorlede en is oorleef deur sy vrou, geliefde dogter en vier stiefkinders.

Bron:  www.cjlangenhoven.co.za

Additional Hints (Decrypt)

Ohx ra znnx wbh fxbrairgref inf ......

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)