Skip to content

Dirk Postma Traditional Cache

This cache has been archived.

Eagle_Lady: Cash Missing

More
Hidden : 3/8/2017
Difficulty:
1.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   micro (micro)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

Micro magnet on the outside of the church grounds Contains log sheet and pencil

In 1888 is 'n boukommissie aangewys en in 1890 het die kerkraad besluit om 'n voorlopige kerkgebou op te rig op Blinkklip nadat die regering dit as dorp uitgegee en twee erwe aan die Gereformeerde kerk geskenk het. Blinkklip se naam is in 1892 na Postmasburg verander ter nagedagtenis van ds. Dirk Postma, die Gereformeerde Kerk se eerste leraar, wat in 1890 oorlede is. Reeds in 1890, twee jaar voor die naamsverandering, het die boukommissie op Blinkklip 'n plan aan die kerkraad voorgelê vir die bou van 'n klipkerk van 55 by 36 vt. In daardie stadium was £159.1.6 tesame met 144 skape, ses osse, twee koeie en vyf stene seep beskikbaar om die boukoste te bestry. Die gebou is op 28 Februarie 1891 ingewy.

Ds.Dirk  Postma was vyf keer getroud en uit dié huwelike is 20 kinders gebore, van wie sommige klein oorlede is. Sy eerste eggenote, met wie hy op 17 Julie 1840 in die ouderdom van 22 getroud is, was Marijke Bankes de Ruijter, oorlede op 13 Julie 1843. Op 23 Mei 1844 trou hy met Janna Willemina Alberts Free wat hom ontval op 28 Januarie 1849. Sy derde huwelik is ook in Nederland voltrek en wel op 11 Februarie 1850 met Ida Sijpkens (oorlede 30 Maart 1857). Uit dié huwelik is onder meer gebore Zwaantje Postma, die eggenote van Jan Lion Cachet, Petrus Postma en Martinus Postma. Ds. Postma se eerste huwelik in Suid-Afrika was op 24 November 1859, in die jaar van die stigting van die Gereformeerde Kerk, met Susanna Lasea Kruger, wat hom ontval op 3 Oktober 1869, die langste van sy eerste vier huwelike. Uit dié verbintenis is onder andere Dirk Postma jr. en Stephanus Postma gebore.

Sy vyfde en laaste huwelik, toe hy 51 jaar oud was, was op 20 Desember 1869 met Johanna Willemina van Biljon, wat hom met 11 jaar oorleef het en sterf op 12 Julie 1901 ná 'n smartlike lyding (wat destyds dikwels kanker beteken het). Onder die ses kinders uit dié huwelik was Willem Postma, Laurika Postma en Aletta Postma, laasgenoemde onderskeidelik die eerste en tweede eggenotes van prof. J.A. du Plessis van Potchefstroom) en Maria, die eggenote van J.D. du Toit (Totius

Additional Hints (Decrypt)

Oraq ybj

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)