Skip to content

Die Voortrekkers - Piet Uys Letterbox Hybrid

Hidden : 5/22/2013
Difficulty:
1.5 out of 5
Terrain:
2 out of 5

Size: Size:   regular (regular)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

Hierdie skat vorm deel van 'n reeks Skatte genaamd "Die Voortrekkers"
Hierdie skatte is almal in die Dinokeng Natuur Resevaat naby die Hartbeesfontein Voortrekker plaas.

NB Die Skat is nie by die gepublieseerde koordinate nie, maar wel daar naby...... Loop 30 tree (groot) in die algemene rigting waar die son opkom.

Stempel is nie deel van "swag". Moet asb nie verwyder nie!

PIETER LAFRAS (PIET) UYS was die eintlike leier van die trek van Jacobus Uys, sy bejaarde pa van diep in die sestig. Die geselskap het uit sowat honderd mense bestaan wat van Uitenhage af getrek het. Hulle was een van die laaste georganiseerde groepe wat die Kaapkolonie met die Groot Trek verlaat het.

Hoewel hy nie ’n lang man was nie, was Piet Uys goed gebou, met groot bruin oë, ’n vol baard, bruin hare en ’n sterk stem. Hy was vriendelik en hoog geëerd onder sy mense.

Uys is op 10 Julie 1797 op Potteberg (Swellendam) gebore. Hy het in 1815 met ’n niggie van hom, Alida Maria Uys, getrou en die egpaar het drie seuns gehad. Hy is op 11 April 1838 by Italeni oorlede, die enigste Voortrekkerleier wat tydens die Groot Trek in ’n geveg gesneuwel het.

Die Uyse het dit van die begin af laat blyk dat hulle hulle apart hou van die ander trekgroepe, maar besluit tog ook om Natal as woonplek te kies. Uys vind dit egter uiters moeilik om met Maritz saam te werk.

Ná die Bloukransmoorde word daar dringend na hom en Potgieter om hulp opgesien om staande te bly teen die plundermagte van Dingane, maar gebrek aan samewerking loop uit op die nederlaag by Italeni, waar Uys sneuwel. Potgieter word van lafhartigheid beskuldig, en hy verlaat daarom Natal.

Uys se jong seun Dirkie het by Italeni saam met sy pa in die voorste geledere geveg en gesneuwel. Hy is as kinderheld gehuldig omdat hy sou geweier het om te vlug toe hy bemerk dat sy pa dodelik gewond was.

Wat val dadelik op as ’n mens die verskillende trekkerleiers so naas mekaar beskou? Vir eers hul onwrikbaarheid en vermoë om die leiding te neem, hul volharding in die sake waarin hulle geglo het. Maar dan was daar ook die onderlinge tweedrag, wat volgens baie waarnemers dikwels tekenend was van die Boere. Dié het maar deur al die jare heen onder mekaar getwis en gestry—miskien juis omdat daar so baie leiers onder hulle was!

Bron:

Additional Hints (Decrypt)

Fybg 12489 Zbrg nfo avr fgrzcry irejlqre avr!

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)